Powered By Blogger

Monday 2 September 2019

Donderstorm

Donderstorm

Slierte nat val uit die hemele neer
Die wolke dreun en steun
Wit blitse skiet orals heen
Die sinkdak raas, en min anders kan gehoor word
Die voëltjies kruip weg uit die reën
Maar sal netnou weer sing van die nat-seën
Die bome en plante drink die hemelse water
En almal se harte het ‘n smile op
En fluister Dankie Vader vir die reen

writtten January 2019

No comments:

Post a Comment